OUDTSHOORN NUUS - Little Angels het Vrydag 11 Mei as deel van Moedersdagvieringe, inwoners van Helen Bellinganhof Ouetehuis met lekkernye bederf.
Die voorsitter van Little Angels, Hester Grint, het aan die inwoners gesê hulle het ten doel om bejaardes hoop te gee, vroue te bemagtig, berading te doen en kinders waar nodig by te staan.
Grint het die Oudtshoorn gemeenskap vir skenkings wat die ete vir die inwoners moontlik gemaak het, bedank.
Little Angels bestaan agtien jaar met ‘n tak op Oudtshoorn die laaste twee jaar.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'