OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie ondersoek 'n saak van kinderverberging nadat die liggaam van 'n baba seun Vrydag in Bongolethu gevind is.
Volgens kpt. FC van Wyk, polisie woordvoerder, het die polisie omstreeks 08:30, is 'n oproep ontvang van 'n baba wat dood gevind is, in 'n grys sak, op die hoek van 14de en 15de Laan, Bongolethu.
"Met die aankoms van die polisie op die toneel het die lede 'n pasgebore baba seun met 'n naelstring steeds aan hom vas aangetref. Die kind is deur ambulanspersoneel dood verklaar."
Van Wyk sê die liggaam van die pasgebore baba seun is deur forensiese patologie verwyder.
'n Doodsondersoek-dossier is vir ondersoek geregistreer. Op hierdie stadium is dit onbekend wie die moeder van die baba seun is.
Enige persoon met inligting oor hierdie voorval word vriendelik versoek om die polisie by 08600 10111 te kontak.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’