OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Nadat daar aanvanklik vermoed was dat 'n liggaam in die bosse naby die Bergsig-woonbuurt in Oudtshoorn ontdek is, is daar vasgestel dat dit die ontbinde karkas van 'n groot hond was.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel op die honde-eenheid se pad was verskeie polisievortuie en beamptes by die afgesperde gedeelte.
Kaptein Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie het op die toneel gesê dat verbygangers 'n kombers wat met doringtakke bedek is, in die bosse gesien lê het. Hulle het 'n geddelte van die kombers opgelig en iets wat soos 'n ontbinde liggaam met maaiers gesien en die polisie gekontak.
Die forensiese eenheid het eers foto's van die hele toneel geneem as voorsorg ingeval dit menslike oorskot was.
By nadere ondersoek is egter bevind dat dit die karkas van 'n groot hond is wat in die veld weggegooi is. Uit gesprekke op die toneel kon afgelei word dat 'n werker van die omgewing weet wie se hond dit is wat daar gelaat is.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'