OUDTSHOORN NUUS - Bikers vir Liefdadigheid van George hou Sondag hul derde liefdadigheidsrit na die munisipale skut waar hulle broodnodige skenkings aan Oudtshoorn Dogs in Need (ODIN) oorhandig.
Motorfietsryers van oraloor neem aan die geleentheid deel.
Volgens Colleen Smith, voorsitter van ODIN, is dit hul grootste skenking elke jaar.
"Ons is bevoorreg dat hulle weer vanjaar na ons toe kom. Hulle bring komberse, kos en speelgoed vir ons honde en katte wat by die skut is.
"Verlede jaar was daar ongeveer 200 motorfietsryers en elke jaar is dit 'n absolute fees om hulle by ons te hê," vertel sy.
Smith sê die motorfietsryers kom Sondag 3 Junie om 11:00 by die parkeerterrein voor Checkers, Redefine Square in George bymekaar waar hulle weer mekaar by die Pick n Pay parkeerterrein in Oudtshoorn sal ontmoet.
Motorfietsryers van oral oor neem aan die geleentheid deel.
Vandaar gaan hulle na die munispale skut waar die skenking oorhandig sal word.
Enigiemand wat meer inligting benodig kan Anton by 083 382 4510 of Leigh-Anne by 082 417 6861 skakel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'