OUDTSHOORN NUUS - 'n Lewelose fetus is Maandagaand deur Johannes Jackson, 'n afvalkontroleerder by die rioolsuiweringswerke op die Rooiheuwel-pad ontdek. Hy was besig om afval uit die rioolsloot te haal.
"Ek het 14:00 die middag ingeval en so voor 19:00 se kant het ek verby die afvalmateriaalrooster gestap om die afval met die hark uit te trek. Met die tweede trek het iets met 'n gewig saamgekom.
"Dis toe dat ek sien dit lyk soos 'n babatjie. In my 25 jaar wat ek hier werk het ek al heelwat fetusse ontdek, so ek herken een as ek dit sien."
Volgens Jackson het hy dadelik die sekerheidsbeampte geroep, wat op sy beurt die polisie in kennis gestel het.
Ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het op 'n navraag aangedui dat 'n verberging van geboorte dossier geopen is.
Dit is nie duidelik of daar bepaal kan word wat die geslag van die baba is, of wat die ouderdom is nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'