OUDTSHOORN NUUS - Jean van Zyl het tydens die onlangse Wetenskap en Wiskunde in Aksie Olimpiade, aangebied deur die SA Akademie vir wetenskap en kuns in samewerking met die SAOU, uitstekend presteer.
Hy is as die wenner van die wetenskap olimpiade aangewys en het 'n derde plek in die wiskunde olimpiade behaal. 400 leerders uit 38 skole in die Oos-Kaap-streek het aan die kompetisie deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'