OUDTSHOORN NUUS - Leerders van Laerskool Laurus het op Lentedag inry toe gegaan in hulle eie motors.
Leerders het motors van karton gemaak waarmee hulle in die skoolsaal kon gaan fliek.
Steffie le Roux, wat Laerskool Laurus se skoollied getoonset het, het ook dieselfde dag by die Meerkatjies gekuier om te hoor hoe hulle die nuwe skoollied sing.
Die oulike, kleurvolle karretjies wat die leerders gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'