OUDTSHOORN NUUS - Die Lategansvlei-opleidingsentrum het pas hulle eerste verjaarsdag gevier. Lara Meyer het die sentrum op 3 Augustus 2017 as 'n naaldwerksentrum vir die gemeenskap begin.
Intussen het dit ontwikkel tot baie meer as bloot 'n aantal vroue wat naaldwerk doen.
Die sentrum word gereeld deur oorsese gaste besoek en meer as 600 kunstige hartjies van materiaal is reeds aan kliënte in die buiteland gestuur.
Tussen 13 en 22 vrouens kom weekliks bymekaar om aan verskillende projekte te werk. Famsa Oudtshoorn het ook betrokke geraak en bied gereelde opleidingsessies aan.
Die projek word uit verkope van die items wat gemaak word gefinansier asook uit skenkings wat ontvang word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'