OUDTSHOORN NUUS - Bennedette Landman (29), semifinalis vir Mev. Heelal Suid-Afrika, het verlede Donderdag die modelle van Oudtshoorn Top Model Academy (OTMA) toegespreek. Rodney Gelant, stigter van OTMA, sê dit was vir hom 'n groot voorreg om haar aan sy akademie bekend te stel.
Landman het haar storie met die modelle gedeel en hulle aangemoedig om hul drome te volg.
"Maak skool klaar en moenie dat jou omstandighede jou onderkry nie. Werk om jou droom vir jou toekoms te bewaarheid," het sy gesê.
Gelant sê hy sien uit daarna om saam met Landman aan projekte in die gemeenskap te werk.
"Ons het 'n paar projekte wat ons met vroue en kinders in die gemeenskap beplan en Bennedette wil ons graag daarmee help. Ons sien baie uit daarna om saam met haar te werk."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'