OUDTSHOORN NUUS - "Hy was 'n institusie van kennis waardeur die meeste van ons kon leer, 'n fontein waaruit ons ons dors kon les.".
So het dr James D Lekhuleni, waarnemende Wes-Kaapse streekhofpresident, gisteroggend die ontslape streeklanddros Mark van Wyngaardt tydens 'n laaste hofsessie in E-hof, die hof waarin hy sy sake aangehoor het, beskryf.
Van Wyngaardt (63) is op Woensdag 22 November aan 'n hartaanval oorlede.
Talle landdroste, advokate, prokureurs en staatsaanklaers van Oudtshoorn en George, tolke en personeellede van die Departement van Justisie het die E-hof volgepak om hul laaste eer aan 'n kollega te bewys.
"Ons is vanoggend hier om 'n lewe te vier. 'n Lewe goed gespandeer en goed geleef," het Lekhuleni in sy huldeblyk gesê.
Volgens Lekhuleni was Van Wyngaardt 'n nederige mens met respek vir een en almal.
"Hy het nie 'n boek geskryf nie maar sy woorde spreek boekdele. Die regbank is een van die arms van regering wat die vertroue van die gemeenskap geniet en dit is te danke aan die werk van mense soos ons ontslape kollega.
"Mark het getrou gebly aan sy professie ten spyte van talle uitdagings en tot die einde ook getrou aan die eed wat hy afgelê het.
Dr James D Lekhuleni, waarnemende Wes-Kaapse streekhofpresident.
Tydens die diens vir wyle landdros, Mark van Wyngaardt.
Lees 'n vorige artikel: Bekende landdros skielik oorlede
ARTIKEL & FOTO'S: GARNETT WICOMB
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'