OUDTSHOORN NUUSFLITS - 'n Man (23) het hoof- en rugbeserings opgedoen toe hy vanmiddag in Rose Valley deur 'n meganiese laaigraaf getref is.
Volgens 'n getuie op die toneel het die man met sy fiets gery toe die laaigraaf uit 'n systraat gekom en hom getref het.
Volgens die persoon het die laaibak die fietsryer getref.
Die masjien het met een wiel op die fiets tot stilstand gekom. Die man is op die toneel behandel en per ambulans hospitaal toe geneem.
Die erns van sy beserings is nog onbekend.
'n Skare drom op die toneel saam waar n fietsryer deur 'n meganiese laaigraaf raakgery is. Fotos Hannes Visser
Die masjien het met een wiel op die fiets tot stilstand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'