Update
OUDTSHOORN NUUS - 'n Kranslegging is Donderdag, 17 Augustus, vir die 33-jarige Roydon Solomons in Hoogstraat, Oudtshoorn gehou.
Solomons is een van twee mans wat twee weke gelede, in aparte insidente vermoor is.
Solomons is Saterdag 12 Augustus om 21:15 in Hoogstraat doodgesteek en 'n 20-jarige man is later vir sy moord in hegtenis geneem.
Volgens Leon Campher, stigter van Oudtshoorn Community Against Crime, is dit hulle organisasie se manier om die familie te ondersteun.
"Ons kan dit natuurlik nie in alle gevalle doen nie, maar deel van ons organisasie se doel is om families wat iemand aan die dood afgestaan het, by te staan op enige manier waarop ons kan."
Campher sê dit is skokkend hoe baie kranse hulle veral dié jaar reeds gelê het as gevolg van mense wat vermoor is.
"Ons doen dit vir enige mens, maar die jaar is die moorde besonder erg. Ons gemeenskap sal moet begin saamstaan om sulke voorvalle te verhoed, of op 'n manier te verminder."
Vorige artikel:
'n Kranslegging is verlede Donderdag vir Roydon Solomons (33) in Hoogstraat, gehou. Foto: Stefan Goosen
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’