OUDTSHOORN NUUS - APD (Association for People with Disabilities) het vanjaar vir Loslitdag 'n kompetisie op Oudtshoorn gehou. Loslitdag is 'n bewusmakingsprojek vir persone met gestremdhede en elke jaar is daar 'n tema waarvolgens deelnemers kan aantrek.
Vanjaar se tema was 'Be an Everyday Hero' en deelnemers het soos 'Super Hero's' of soos daaglikse helde soos dokters, polisiemanne of brandweermanne aangetrek.
Die wenner van die jaar se Loslitdag-kompetisie vir besgeklede instansie was Klein Karoo Koöperasie. Hulle het almal soos helde aangetrek en hul kostuums was van herwinbare materiale gemaak. Hulle het 'n wisseltrofee en sertifikaat ontvang.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'