OUDTSHOORN NUUS - Die Betusile Mcinga Foundation in samewerking met Lundi Joxo Entertainment hou op 19 November 'n geldinsamelingskonsert.
Volgens Lundi wil hulle graag skoolskoene en sanitêre doekies vir leerders van Fezikele Sekondêre Skool en Bridgton Sekondêre insamel.
"Baie kinders moet by die huis omdat hulle nie sanitêre produkte kan bekostig nie en baie moet in die winter huis toe en terug loop sonder skoolskoene."
Lundi het bygevoeg dat hulle graag in die toekoms die projek na ander skole wil uitbrei.
Dit is 'n gospel-konsert wat by die burgersentrum gehou gaan word.
Kaartjies is R100 vir volwassenes, R150 vir beste sitplekke en R50 vir kinders.
Kaartjies is ook teen R120 by die deure beskikbaar.
Lundi sê van die skoene en sanitêre produkte word reeds op 15 November by vir van die leerders uitgedeel.
"Met die geld wat ons by die konsert insamel wil ons koop wat nog nodig is."
Vir besprekings stuur 'n boodskap of skakel na die volgende nommers: 079 755 5634 of 083 421 2192 of 073 513 4213 of 073 903 1424.
ARTIKEL: LIEZL VAN NIEKERK, OUDTSHOORN COURANT-JOERNALIS
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'