Dit begin om 11:00 in die hoofstraat en is ten bate van behoeftige troeteldiere op De Rust.
Deelnemers en hul vierpotige vriende begin om 11:00 by die ingang van die plaas Vogelsang en stap dan sowat 900 m af met die hoofstraat tot by die ingang van Sunset-karavaanpark. Inskrywingsfooie is R5 per persoon en R25 per hond.
Menslike deelnemers sal elk 'n gratis koppie tuisgemaakte sop en brood by die eindpunt ontvang en waterbakke sal vir ons vierbeenvriende beskikbaar wees.
Die volgende reëls is nie onderhandelbaar nie:
Alle honde moet skoon wees
Honde moet ten alle tye aan 'n leiband en onder die eienaar se beheer wees
Alle deelnemers moet 'n woefpoefsakkie saambring en dit na afloop van die kompetisie verwyder. Deelnemers wat nie hierdie reël nakom nie sal summier R50 beboet word
Deelnemers moet bewys kan toon dat hulle honde ingeënt is. Dit kan 'n sertifikaat wees of 'n brief van 'n veearts met 'n tele-foonnommer en amptelike stempel
Daar sal verskeie gelukstrekkings wees. Pryse kan gewen word in die volgende kate-gorieë:
- Mooiste hond: Ontbyt en koffie vir twee mense by Jack Sprat's, De Rust
- Lelikste hond: Koek en koffie vir twee mense by Village Trading Post, De Rust
- Besversorgde hond: Koffie en ontbyt vir twee mense by Sanita's, De Rust
- Beste toertjie hond: Een nag gratis ver-blyf vir twee volwassenes by Accommodation@Riverside
- Beste aangetrekte groep: Twee nagte gratis verblyf vir vier persone by Tonnelkop, buite De Rust
- Hond wat die meeste na eienaar lyk (of andersom): Koffie en pannekoek vir twee persone by Die Groen Bliktrommel, De Rust
Beoordeelaars vir die dag is bekende plaaslike diereliefhebber Hennie Davel en Hannes Visser, redakteur van die Oudtshoorn Courant. Vir meer inligting kontak asseblief vir Tania by 074 314 5279.