OUDTSHOORN SPORTNUUS - Die Oudtshoorn-pluimbalklub wil inwoners nooi om by die klub aan te sluit.
Oud en jonk, minder ervare spelers, sowel as diegene wat die heerlike gesinsport al bemeester het, kan kom saam oefen.
Die oefentye is Dinsdae en Donderdae van 19:00 tot 21:00.
Beginners kan reeds van 18:30 af inval sodat van die gesoute spelers hul kan touwys maak.
Skakel Janine Kotze by 084 722 8109, Melissa van Rooyen by 083 501 0010 of Roelina Lerm by 065 283 8225 vir enige navrae.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'