OUDTSHOORN NUUS - Vrywilligers word genooi om te kom help opruim op 19 Junie in die omgewing van die kruising van Hoog- en Noordstraat plaas.
Die inisiatief wat deur Trapsuutjiesprojekte en die Oudtshoorn besigheidskamer aangebied word, wil 'n daadwerklike verskil aan die hoeveelheid rommel in die dorp maak.
Vrywilligers word genooi om Woensdagoggend om 09:45 by die kruising van Hoog- en Noordstraat aan te meld.
Swartsakke en handskoene word uitgedeel en mense word aangeraai om drinkwater saam te bring. Die skoonmaakproses begin om 10:00.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'