CALITZDORP NUUS - Februarie is die maand vir druiwepluk in Calitzdorp.
Gedeeltes van Boplaas se wingerde word vanaf Vrydag 2 tot 23 Februarie vir besoekers oopgestel om hulle eie tafeldruiwe te pluk.
Die drie druifsoorte wat teen R7,50 per kilogram gepluk kan word is: Hanepoot, Pitlose regal en rooi Dan Ben Hanna.
Volgens Annarie Cornelius van Boplaas het die warm droë somer die druiwe toegelaat om heerlik gesond en ryp te word.
Besoekers kan ook Boplaas se kampioenwyne, port en gedistilleerde brandewyn, gin en whisky proe en ook ‘n heerlike middagete by Boplaas se Stoepsit Bistro nuttig.
Die gewilde Stoepsit Express is oor naweke beskikbaar om besoekers na die wingerde te neem.
Besoekers word gevra om hulle eie houers saam te neem.
Vir verdere navrae kontak Annarie Cornelius by 044 2133326 of e-pos admin@boplaas.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Karoo nuus'