OUDTSHOORN NUUS - Voorbereidings en die amptelike bekendstelling van Kansa se Relay for Life 2020 vind Saterdag in die parkeerterrein voor Pick n Pay by die Queen's Mall plaas.
Kom toon u ondersteuning en gebruik sommer die geleentheid om spanne in te skryf vir volgende jaar se geleentheid.
Deelname aan die Relay for Life 2020 kos 100 per persoon of R1 000 per span. Die verrigtinge by die Queen's Mall begin Saterdag om 09:00. Vir verdere inligting kontak Japie Coetzee by 082 598 7273 of Adri Odendaal by 072 133 0444.
Besoek www.relayforlife.org.za vir algemene inligting oor Kansa se nasionale Relay for Life projekte.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'