OUDTSHOORN NUUS - Kunste Onbeperk nooi inwoners om insette te lewer oor die komende Klein Karoo Klassique wat in Augustus aangebied word.
Die geleentheid vind op Woensdag 10 April om 18:00 by die Klein Karoo Ostrich Emporium plaas.
'n Soortgelyke bespreking oor die KKNK is verlede jaar gehou en volgens Hugo Theart, artistieke direkteur, het daar 'n hele aantal positiewe voorstelle tydens die bespreking na vore gekom. "Kom deel nou jou idees oor die Klein Karoo Klassique met ons," nooi Theart.
Belangstellendes wat graag die bespreking wil bywoon, kan teen 8 April hulle bywoning per e-pos aan Daleen Witbooi by info@kunste.org.za bevestig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'