TUINROETE | KAROO NUUS - Mosselbaai-leeskring het die skrywer, Jan van Tonder genooi om op 10 Junie sy jongste boek, Grootgeluk te kom bespreek.
Van Tonder het in 2004 met sy roman, Roepman, die aandag op hom as skrywer gevestig.
Die stad Durban vorm die agtergrond van dié boeiende verhaal van onskuld en die verlies daarvan.
Grootgeluk is ‘n historiese roman waarvan die flapteks lees: "Tijs Velaat is gebore op die plaas Grootgeluk in die distrik Oudtshoorn.
Hy en sy mame, Hessie, woon naby die Schoemans se opstal, so naby dat Tijs snags die werfhonde kan hoor snork. Hy is getuie van als wat reg en verkeerd loop op die werf.
Nooi Hendrien se jaloesie wanneer Maria haar pa se guns wen, Maria se ontmoeting met die Skotse beeldhouer, die koms van die Britse soldate ... Miskien as Tijs nooit die skilpad op sy dop gekeer het nie, kon dinge anders verloop het. Nie net vir hom nie, maar vir byna iedereen wat met hom te doen het."
Dit laat sekerlik baie vrae by die potensiële leser ontstaan.
Lees meer in susterpublikasie, Mossel Bay Advertiser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'