Friedel Mitas, wat in Oudtshoorn grootgeword het en tans spesialiseer in stemontwikkeling in Europa, het die dorp die afgelope week besoek met die doel om die koorlede te ontmoet en saam met Chrisna du Preez, stigterslid en direkteur, die koorlede te ontmoet en met hulle te werk. Die ander twee kundiges wat betrokke is, is Ronnie Burton, dramaturg, en John Theodore, konsertpianis en begeleier.
“Die stemme is soos ‘n reënboog wat die verskeidenhied teksture betref. Ek is verras met die verskeidenheid klanke en die verskillende interpretassies – daar is iets in elke stem waaroor ek opgewonde is.”