KLEIN KAROO NUUS - Die Klein-Karoo het tans ses Covid-19-gevalle. Die vyfde een in Oudtshoorn is Dinsdag aangemeld en die eerste een in Ladismith is die naweek aangemeld.
Die geval in Kannaland is bevestig in 'n skrywe van die departement van gesondheid in Kannaland en is ook opgeneem in die statistiek wat Maandag 18 Mei deur die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, uitgereik is.
Volgens die skrywe van die gesondheidsdepartement in Kannaland is die persoon tans in isolasie en persone met wie hy in kontak was, word gekontak om ook getoets te word.
Dit blyk dat die persoon deel was van 'n taxigroep wat ook tans in kwarantyn is.
Die departement van gesondheid doen 'n dringende beroep op inwoners van dorpe in Kannaland om streng by die reëls van die nasionale inperking te hou om hulle sodoende te beskerm teen moontlike blootstelling.
In die skrywe word verpleegpersoneel die versekering gegee dat daar voorsiening gemaak is vir plekke van kwarantyn en isolasie.
Volgens Stef Petersen , verkeershoof van Kannaland, word toegangsroetes tot Kannaland reeds die afgelope 50 dae beman as deel van voorkomingsmaatreëls teen Covid-19.
Drie van Oudtshoorn se vyf gevalle het reeds herstel wat beteken daar is tans twee aktiewe gevalle in die dorp.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Klein Karoo nuus'