OUDTSHOORN NUUS - Die saak teen vier mans, onder wie twee van Lesotho, wat vir die besit van ongeslypte diamante aangekla is, is in die Oudtshoorn-landdroshof deur die staat teruggetrek.
'n Vyfde beskuldigde het 'n boete betaal en 'n opgeskorte vonnis ontvang. Martin Botha van Lesotho is deur landdros Johan Steynberg 'n boete van R3 000 of vier maande gevangenisstraf opgelê asook nege maande gevangenisstraf wat voorwaardelik vir drie jaar opgeskort is.
Die aanklagte teen Moeketsi Matjoba, Jagdeep Singh Multani, Mongeotywa Fefe en Divan Ernest is teruggetrek.
Botha en drie van die mans is op 28 Augustus vanjaar by die Pick n Pay-sentrum op Oudtshoorn in hegtenis geneem met twee ongeslypte diamante ter waarde van sowat R20 000 in hul voertuig.
Ernest is 'n paar dae later in hegtenis geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'