Rhodé Snyman, waarnemende uitvoerende hoof van kuns onbeperk, die maatskappy wat die Absa KKNK aanbied het Sondag almal wat betrokke was by die kunstefees hartlik bedank. Rhodé is op haar beurt deur prof. Leatitia van Wyk, voorsitter van die Absa KKNK, bedank vir haar 20 jaar bydrae en het ook soos die ander 'n sertifikaat ontvang.
Sertifikate ter erkenning van 20 jaar ononderbroke diens aan die Absa KKNK is toegeken aan:
Instansies:
Computicket, Eden-distriksmunisiplaiteit, Oudtshoorn Courant, Oudtshoorn-munisipaliteit, provinsiale verkeersdepartement, Infanterieskool, Oudtshoorn-polisie, Production Projects en The Sound Corporation.
Individue:
Hans van der Veen, Olda Janse van Rensburg, Rhodé Snyman, Theo Barnard van B&BHT, Jan Karel van Wyk, Bondina Osterhoff, Pieter-Jan Kapp, Dawid van Eeden en Alwyn van Zyl van W Heuer Muzikhause.
Hans van der Veen het die foto's van die oorhandigings wat deur prof. Leatitia van Wyk gedoen is, geneem.

Harold le Kay en Murray-Wayne Konnie van Oudtshoon-munisipaliteit.

Bondina Odterhoff is duidelik ingenome met haar toekenning
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'