OUDTDSHOORN NUUS - Volgende jaar is 'n baie groot jaar vir Oudtshoorn se Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) - dié fees word 25 jaar oud.
Alle Oudtshoorniete en belanghebbendes word genooi om aan te sluit en hulle idees, gedagtes en drome vir dié fees te deel.
Die KKNK kwarteeu-gesprek vind vanaand, Maandag 13 Augustus, om 18:00 in die Prince Vintcent-gebou op Oudtshoorn plaas.
Almal is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'