Video
OUDTSHOORN NUUS en VIDEO - Die kantore van Kunste Onbeperk, die maatskappy wat die KKNK en Klein Karoo Klassique aanbied, sal vanaf 1 Augustus op die perseel van die geskiedkundige Arbeidsgenot, woning van CJ Langenhoven, gehuisves word.
Kunste Onbeperk het ‘n 3 jaar huurooreenkoms met die Langenhoven Gedenkfonds gesluit vir die huur va die Neelsie-teater.
Die Neelsie-teater is in 2008 geopen en was tydens die jaarlikse KKNK en by enkele ander gelenthede gebruik.
Toe die Oudtshoorn Courant die teater vroeër vanjaar vir ‘n netwerkaand gehuur het, het een van die bestuurslede gesê dat die teaterkompleks finansieel onderbenut word. Alhoewel die sluiting van die teater vir sommige mense hartseer is, blyk dit dat die voordele van die huurooreenkoms baie meer is. Behalwe vir finansiële voordeel neem Kunste Onbeperk ook die bestuur van Arbeidsgenot oor. Arbeidsgenot is ‘n nasionale gedenkwaardigheid en is daagliks oop vir die publiek.
Personeel van Kunste Onbeperk en kontrakteurs werk hierdie week onverpoosd om die derde vloer van die Seppie Greeff-gebou waar die kantore vir jare geleë was, te ontruim en die Neelsie-kompleks gereed te kry voor 1 Augustus.
Kyk 'n video hieronder.
Die nuwe hoofkantoor van Kunste Onbeperk.
ARTIKEL, VIDEO & FOTO'S: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'