OUDTSHOORN NUUS - Inwoners wat nie dagkaartjies vir die Kuiertuin het nie, het nou die geleentheid om die ses aandkonserte wat daar aangebied, word teen slegs R50 per konsert by te woon.
Die kaartjie sluit ook toegang tot die Kuiertuin vir die hele dag in. Die spesiale kaartjies is slegs op Maandag 26 Maart tussen 09:00 en 18:00 by Shoprite en Checkers in Oudtshoorn te koop.
Die ses konserte is:
- Awe Kaktus 29 Maart 19:30
- Kyknet: Dans op die vlaktes 30 Maart 19:30
- Karoo-nag 31 Maart 19:30
- Boontoe Engelstemme 1 April 19:30
- Sterrenag musiek met hart 2 April 19:30
- Rymklets van Oos tot Wes 3 April 19:30
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'