OUDTSHOORN NUUS - Die Klein Karoo Internasionaal (Edms) Bpk se KKI WE CARE-ondersteuningsgroep het, in samewerking met Klein Karoo (Edms.) Bpk., sop en eetgoed aan meer as 700 kinders en ouers voorsien.
Die KKI WE CARE-ondersteuningsgroep bestaan uit personeellede van al drie divisies van KKI. Die doel van die groep is om alle werknemers te ondersteun waar nodig, en in te tree in samewerking met FAMSA en plaaslike staatsdepartemente wat berading gee, soos en wanneer benodig.
Met sy bakkie onder die arm word die wêreld in die kosry bepeins. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'