Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Wetstoepassers het vanmiddag vyf hoërskoolseuns aangekeer nadat grafte in die begraafplaas beskadig is.
Werkers by die begraafplaas het 'n geraas gehoor en die seuns tussen die grafte opgemerk en wetstoepassers ontbied.
Die seuns het weggehardloop, maar twee is dadelik gevang. Die ander drie is by die gholfbaan aangekeer.
Volgens die seuns is hulle leerders by Protea- en Bridgton sekondêre skole.
Die skoolhoof van Protea Sekondêre skool het laat weet dat daar disipplinêr opgetree word teen die skoolleerder wat deel van die groep by die begraafplaas was.
Volgens hom was die betrokke leerder nie vandag by die skool nie.
‘n Verhoor sal onder andere deur die skool se beheerliggaam gehou word.
Kyk 'n video hieronder:
Die kinders wat gevang is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'