OUDTSHOORN NUUS - 'n Vragmotor het so pas 'n kind op 'n fiets raakgery, op die hoek van Adderley en Kerkstraat, sonder om stil te hou.
Volgens 'n brandweerman wat toevallig op die toneel was, het hy die trokbestuurder 'n ent van die toneel af voorgekeer.
Die trok sou teruggekeer het na die toneel toe, maar het nie.
Die seun se fiets is beskadig en hy het 'n wond aan sy been.
Die brandweerman het hierdie foto van die trok geneem na die voorval.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'