Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Nooddienswerkers moes vanaand 'n tiener wat in 'n motor vasgekeer was na 'n botsing, met meganiese kake uitsny.
Die botsing het by die kruising van Adderley en Voortrekkerweg plaasgevind.
Paramedici het die motor se deur afgesny en het die tiener in die motor behandel voor hulle haar uitgehaal het.
Daar was 'n man en vrou en 'n baba saam met haar in die motor ('n Nissan Sentra). Die baba en die vrou is ongedeerd. Die man is per ambulans hospitaal toe met beserings. Die tiener is ook hospitaal toe geneem, met ernstige beserings.
Daar was 'n man en vrou in die ander motor, 'n Toyota Corolla. Die man is beseer en die vrou is ongedeerd. Die aard van die man se beserings is onbekend.
Die Toyota was met Voortrekkerweg onderweg en die Nissan het met Adderleystraat oor Voortrekkerweg gery. Die Toyota het die Nissan op die linkersy getref.
Geen verdere inligting is tans beskikbaar nie.
Kyk 'n video hieronder. (Let wel, die video is geneem met redakteur, Hannes Visser se aankoms op die toneel - voor sekere inligting nog bekend was.)
Nooddienswerkers is besig om die tiener wat in 'n motor vasgekeer was na 'n botsing met meganiese kake uit te sny.
Die Toyota wat in die ongeluk betrokke was.
Die Nissan Sentra.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'