OUDTSHOORN NEWS - Die Khoi San People of SA het vanoggend 'n griefskrif by die Oudtshoorn-landdroshof oorhandig.
Volgens Hermanus Baatjies, Paramount Chief of |ga! Ne House Africa Continent, word hulle gedwing tot hierdie aksie omdat hulle voel dat die seremonie om hulle amptelik in te sweer, onnodig vertraag word.
"Ons was veronderstel om vanoggend om 10:00 by die hof ingesweer te word, maar hierdie historiese plegtigheid is onverklaarbaar uitgestel. Dit is baie frustrerend omdat hierdie proses maande geneem het om te realiseer. Al wat ons vra is dat ons hoë kommissarisse deur die regering erken word soos per ons applikasie wat reeds 1 Maart vanjaar ingedien is.
Ons historiese erfstukke moet ook erken word, so ook ons opvoedingsprogramme in ons eie taal wat deur die regering gesubsidieer moet word," het Baatjies gesê.
Foto: Wyndham Ewerts
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'