OUDTSHOORN NUUS - Die kerk het sy roeping gemis en gemeentes is dalk net in naam Christene. So het Bennet Draai van die Henry J Blazey UCCSA Memorial kerk, De Rust, Sondag in sy preek tydens die viering van UCCSA-dag in die Toekomsrus United Congregational Church gesê.
Gemeentelede van die agt UCCSA-kerke Bongolethu, Bridgton, De Rust, Oudtshoorn, Weyers Memorial, Calitzdorp, Toekomsrus en Dysselsdorp het die diens bygewoon. Dit was die 52ste herdenking van die stigting van die United Congregational Church of Southern Africa.
Draai het in ‘n boodskap gevra of die kerk na 52 jaar nog ’n faktor is om die wêreld ‘n beter plek te maak en ’n beroep op Christene gedoen om meer betrokke te raak in die gemeenskap en die tema van UCCSA uit te leef.
UCCSA is op 3 Oktober 1967 in Durban gestig toe die London Missionary Society, die Congregational Union of South Africa, die American Board Mission en die Bantu Congregational Church saamgesmelt het.
Die eerste Sondag in Oktober is toe bepaal as UCCSA-Dag met die hoofdoel om fees te vier en te reflekteer op die reis tot dusver as ‘n UCCSA-familie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'