“Ons sit met ons hande in die hare,” sê Stanley Prince, wat al vir byna 12 jaar motoriste ’n parkeerplek in Hoogstraat aanwys en ’n ogie oor hul voertuie hou vir ’n fooitjie.
“Dis mos nie reg teenoor ons wat die werk reeds vir jare doen nie,” sê Joseph Stoffels wat in Kerkstraat regoor Spar parkeerplek aanwys.
Die waarnemende munisipale bestuurder, Ronnie Lottering, sê diegene wat hulle daaraan skuldig maak om parkering aan te wys en geld van motoriste kollekteer sonder ‘n permit van die munisipaliteit sal met R500 beboet word.
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.

Die ongelukkige karwagte van Hoogstraat en Kerkstraat is van links Joseph Stoffels, Morné van Wyk, Ismael Mohammed, Abraham Olivier en Stanley Prince. Foto: Garnett Wicomb.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn | Klein-Karoo nuus'