OUDTSHOORN NUUS - Drie leerders van Karoo-streek het besonder goed gevaar tydens die Internasionale Wetenskap Ekspo, wat tussen 2 en 5 Oktober in Johannesburg gehou is.
Tuwan van Rooyen (Môrester Sekondêr), Samantha Beukes (Brigton Senior Sekondêr) en Edwin Cupido (Hoërskool Zwartberg) se projekte was drie van 500 projekte wat ingeskryf was.
Tuwan se projek (Thermal insulation) het die tweede hoogste eer ontvang en is as hoogs-aangeskrewe projek aangewys.
Samantha met haar projek, ‘Colour affects my brain’ en Edwin met sy projek ‘Fight against Liter’ het beide bronsmedaljes verower.
Edwin Cupido
Samantha Beukes
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'