OUDTSHOORN NUUS - 'n Briljante onoorwonne 100-tal deur Tyrese Karelse (122*), het Union Stars II die afgelope naweek aangedryf tot 'n oorwinning van ses paaltjies oor Knysna Kavaliers.
In Kavaliers se toegelate 50-boulbeurte kon hulle 'n skaflike telling van 225 lopies vir die verlies van nege paaltjies aanteken.
Hayden Sweet (41) en Mesuli Vuba (31) was die top-lopiemakers vir Kavaliers.
Met die bal het Envirino Swartz van Union Stars drie paaltjies platgetrek, terwyl Karelse ook twee paaltjies laat kantel het.
Union Stars het die teiken in die 38ste boulbeurt bereik met goeie ondersteuning van Adriaan van der Merwe (35) en Welton Verlaat (32).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’