Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Twee vroue is ongedeerd nadat hulle voertuig vanoggend omstreeks 10:00 aan die brand geslaan het.
Volgens die bestuurder was sy op pad om 'n kwotasie te kry vir herstelwerk aan die motor.
Sy het by 'n stopstraat stilgehou en toe sy in Voortrekkerweg indraai het die enjin aan die brand geslaan.
Personeel van Winston Linford Motors was vinnig met brandblussers op die toneel en die brandweer het kort daarna opgedaag.
Kyk video's hieronder.
Personeel van Lindford Motors was vinnig met brandblussers op die toneel.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'