OUDTSHOORN NUUS - Kansa het onlangs landwyd hulle 90ste verjaarsdag gevier.
Vrywilligers, personeel van Kansa en kankeroorwinnaars van Oudtshoorn, het by Kansa se kantoor in Langenhovenweg bymekaargekom om die nie-winsgewende organisasie se verjaarsdag te vier.
Volgens Adri Odendaal, volhoubaarheids- en dienskoördineerder van Kansa Suid-Kaap, is sy trots om met so 'n organisasie verbind te wees.
"Om as NWO vir 90 jaar te bestaan is ‘n voorreg, maar sonder die gemeenskap sal dit nie moontlik wees nie."
Odendaal wil almal in die gemeenskap bedank wat altyd bereid is om hulle hand vir Kansa oop te maak. Sy het ook die borge bedank wat eetgoed vir die spesiale verjaarsdag geborg het.
Personeel, kankeroorwinnaars en vrywilligers het saam Kansa se 90ste verjaarsdag gevier. Foto verskaf
Adri Odendaal. Foto: Liezl van Niekerk
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'