OUDTSHOORN NUUS - Kansa se jaarlikse Relay for Life gaan die komende naweek, 27 Februarie, voort, maar weens Covid-regulasies trek dit 'n nuwe baadjie aan. Kansa vier ook op die jaar hul 90ste bestaansjaar.
Die Relay for Life gaan nie soos gewoontlik by die De Jager-sportgronde wees nie, maar by die NG kerk Oudtshoorn Suid in Langenhovenweg. Die Relay gaan ook nie deurnag wees nie.
Spanne van 10 kan nog steeds inskryf teen R600 'n span inskryf, maar gaan nie kerk toe nie, hulle gaan die geleentheid by hulle wonings of 'n venue van hul keuse doen.
Slegs die Survivors en die versorgers gaan in hul tydglewe by die kerk bymekaar kom.
Dié wat nie as span deelneem nie, maar 'n luminariasakkie wil aansteek kan die sakkie by die Kansa-kantore in Langenhovenweg koop.
So werk spanne se deelname
- Spanne moet 'n tipe kanker ondersoek en 'n plakkaat daarvan maak wat Saterdag beoordeel gaan word.
- Om die 90 jaar te vier moet die spanne 'n kreatiewe manier uitdink om die 90 jaar uit te beeld. Hulle kan 90 keer om die huis loop, 90 lengtes swem, touspring vir 90 minute, ens.
- Tydens die luminariasessie kan hulle die kersies by die venue van hulle keuse aansteek.
- Die spanne kan video's en foto's na 'n nommer wat aan hulle verskaf gaan word.
Die tydlyn
- Die Relay begin om 16:00 met 'n eerbetoon aan diegene wat kanker oorleef het.
- Van 17:10 tot 18:10 word daar dankie gesê aan al die versorgers.
- Van 18:20 tot 19:20 kan spankapteine hul plakkate afgee
- Van 20:00 tot 20:01 word daar 'n minuut van stilte gehou vir geliefdes.
- Die afsluiting is 20:30
Vir meer inligting kontak Adri Odendaal, gemeenskapsmobiliseerder, by 072 133 0444.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'