OUDTSHOORN NUUS - Tydens Kansa se algemene jaarvergadering het sr. Potgieter wat by Dysselsdorp-kliniek werk 'n Kansa meriete toekenning, vir haar werk as vrywilliger, ontvang.
Hierdie geleentheid het Dinsdag via Zoom en YouTube plaasgevind.
Potgieter is een van twee kandidate, wat uit vyf nominasies gekies is, om die meriete toekenning te ontvang.
Hierdie meriete toekennings bring die twee kandidate in aanmerking vir volgende jaar se twee Kansa-hooftoekennings:
- Die Mariette Loots Cancer Winner Award (toegeken aan 'n kankerleier of oorlewende)
- Die Friends for life achievement award (aangebied aan 'n nie-kankeroorlewende)
Hierdie twee toekennings vereer en erken die onskatbare waarde en toewyding wat Kansa-vrywilligers in die lewens van kankerpasiënte en oorlewendes beteken.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'