OUDTSHOORN NUUS - KANSA en Bongolethu-kliniek het saam op 31 Mei anti-tabakdag gehou. Tydens dié geleentheid is almal wat nie rook nie aangemoedig om nooit te begin nie; waar die wat wel rook, bewus gemaak is op die gevare van rook en hoe om op te hou.
"Dit moet 'n definitiewe besluit wees om op te hou rook," het Adri Odendaal van Kansa gesê.
Die gemeenskap het dit veral geniet toe die nie-rokers personeel teen die rokers personeel ballonne moes opblaas om hulle longkapasiteit te toets.
Kansa hou 'n kankeroorwinnaarsdag
Met kankeroorwinnaarsdag wat op 5 Junie plaasgevind het, het Kansa op 4 Junie 'n middagete vir die oorwinnaars gehou om erkenning aan hulle te gee.
Mike en Adriana Robinson, het hulle huis en tuin vir dié geleentheid oopgestel en elke oorwinnaar wat opgedaag het was bederf.
"Dit is belangrik dat die oorwinnaars deur die jaar ook onthou word en nie net wanneer dit die Cansa Relay for Life is nie," het Odendaal gesê.
Die kankeroorwinaars wat opgedaag het vir die Kansa se kankeroorwinnaarsmiddagete op 4 Junie.
Global Hero of Hope
Adriana Robinson, kankeroorwinnaar, en haar man Mike Robinson, versorger, is onlangs as die Global Hero of Hope deur die kankervereniging van Amerika aangewys.
Hierdie nominasie vind jaarliks plaas en word aan 'n kankeroorwinnaar wat aktief betrokke is by die Cansa Relay for Life en ander Kansa geleenthede, gegee.
Volgende Cansa Relay for Life
Die oorwinnaars moet asseblief onthou dat die volgende Cansa Relay for Life op 11 Maart 2023 gaan plaasvind, en dat hulle vroegtydig met Kansa kontak moet maak om deel van die verrigting te wees.
Kontak Adri Odendaal by 072 133 0444.
Adriana Robinson, kankeroorwinnaar en Mike Odendaal, versorger, wat onlangs as die Global Hero Of Hope genomineer is. Foto's: Sonia Wahl
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'