OUDTSHOORN NUUS - Kansa Oudtshoorn doen 'n beroep op inwoners om as vrywilligers betrokke te raak.
"Jou donasie van tyd en energie is tot voordeel van die gemeenskap. kom ons beveg kanker deur opvoeding, bevordering van vroeë opsporing sowel as sorg en ondersteuning," nooi Adri Odendaal, bestuurder van Kansa-projekte.
Mense wat bereid is om tyd op te offer in die stryd teen kanker kan Adri telefonies kontak by 072 133 0444 of per epos by aodendaal@cansa.co.za.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'