OUDTSHOORN NUUSFLITS - Die Wes-Kaapse minister van finansiens, dr. Ivan Meyer, het sy kommer uitgespreek oor die Kannaland-munisipaliteit se finansiële posisie.
Meyer het Woensdag 19 Julie die munisipaliteit, woongebiede en die Gamkapoortdam buite die dorp besoek om homself te vergewis van die stand van plaaslike regering binne Kannaland se bedieningsarea. Die Gamkapoortdam is al vir maande leeg, wat ‘n finansiële druk op die munisipaliteit en Wes-Kaapse regering plaas.
“Kannaland Munisipaliteit se vordering ten opsigte van die implementering van die finansiële herstelplan, soos deur die raad aanvaar, is steeds ‘n ernstige kommer,” het Meyer gesê. Hy het egter die aanstelling van Rayland Stevens (munisipale bestuurder) en Bennie Strydom (hoof finansiële beampte) verwelkom en beskryf as "'n belangrike stap in die lang proses om die munisipaliteit se finansiële stand van sake om te keer.”
Lees meer in Vrydag se Oudtshoorn Courant asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'