KANNALAND NUUS - 'n Senior munisipale amptenaar van Ladismith is op Sondag, 23 April, deur die Oudtshoorn-polisie vir beweerde dronkbestuur gearresteer.
"Oudtshoorn-speurders ondersoek 'n saak van dronkbestuur na die arrestasie van 'n 47-jarige man wat op Sondag 23 April tussen George en Oudtshoorn gereis het."
"Die arrestasie is omstreeks 16:40 deur die Wes-Kaapse provinsiale verkeersbeamptes uitgevoer. Die verdagte het geweier om 'n alkoholtoets te ondergaan."
Die verdagte is op Maandag 24 April vrygelaat en gewaarsku om op 15 Augustus in die Oudtshoorn-landdroshof te verskyn. Die ondersoek duur voort," lui 'n verklaring van sers. Chris Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’