LADISMITH NUUS - Die Ladismith-polisie ondersoek 'n klag van aanranding gewoon na die burgemeester van die Kannaland-munisipaliteit, Magdaleen Berry, na bewering 'n vrou geslaan het.
Susanna Johannes (60) het 'n ANC-vergadering, wat ondermeer oor dienslewering gehandel het, in Zoar bygewoon.
Volgens kaptein Malcolm Pojie, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, het die slagoffer 'n vraag aan die burgemeester gevra en die burgemeester het haar nie geantwoord nie.
"Die vrou het daarna uit die saal gestap. Buite die saal het die verdagte na bewering die op haar regter wang met haar selfoon geslaan en lelik met haar gepraat," het Pojie gesê.
Johannes het aan die Oudtshoorn Courant gesê dat sy baie ontevrede oor die optrede van die burgemeester.
"Dit is 'n ANC-burgemeester en ek is al sedert 1994 lid van die ANC. Niemand gee haar die reg om my in my gesig te klap nie. Ek het haar gevra hoekom die munisipaliteit net sekere mense werk gee en sy het duidelik nie van die vraag gehou nie. Dit is nie reg."
Lees die volledige berig in Vrydag se Oudtshoorn Courant, asook aanlyn.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Klein Karoo nuus'