OUDTSHOORN NUUS - Twee 17-jariges Tyron-Lee Andries en William van Tonder, albei leerders aan Langenhoven Gimnasium, was Saterdag die twee vinnigste deelnemers uit die 66 drawwers by die 272ste Oudtshoorn-parkrun wat by Surval Boetiek-olyfland goed plaasgevind het.
Andries het met 'n skitterende tyd van 16 minute 47 sekondes gewen met Van Tonder in die tweede plek met sy tyd van 18 minute 17 sekondes.
Sanell Bothma (8ste algeheel) was die wenner van die vroue met 'n tyd van 24 minute 39 sekondes, met Tarren Jullies in die tweede plek, slegs vyf sekondes stadiger.
Albertus Kennedy het Saterdag 'n besondere mylpaal bereik toe hy sy 150ste parkrun voltooi het.
Tyron-Lee Andries op pad wenpaal toe. Foto's: Garnett Wicomb
Saterdag se tien voorste drawwers:
- Tyron-Lee Andries (16:47)
- William van Tonder (18:17)
- Pieter Hendrik Gers (21:49)
- Heinrich Boje (21:58)
- Francois Verwey (22:08)
- Jaco Pretorius (22:22)
- Johannes le Roux (24:05)
- Sanell Bothma (24:39)
- Tarren Jullies (24:44)
- Cobus Diepraam (25:14)
'Ons bring jou die nuuste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'