OUDTSHOORN NUUS - Johannes Links (22), van Dysselsdorp, is gisteraand in Dysselsdorp vermoor.
Volgens sers. Christopher Spies, Suid-Kaapse polisiewoordvoerder, is hy in Solomonstraat doodgesteek.
“Die voorval het ongeveer 20:45 plaasgevind. Die polisie is na die toneel ontbied. Met hul aankoms op die toneel het hulle hom met ‘n steekwond in sy bors aangetref. Hy is later op die toneel deur paramedici dood verklaar.” Volgens Spies is die motief agter sy moord nog nie bekend nie en werk die polisie hard om die verdagtes te arresteer.
Oudtshoorn Courant kon nog nie daarin slaag om met Links se familie in verbinding te tree nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'