Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die jong fietsryer wat vroeër vanmiddag vermoedelik flou geword en op die hoofpad buite Oudtshoorn te lande gekom het, is ongedeerd maar hospitaal toe geneem vir waarneming.
'n Provinsiale verkeersbeampte wat aan diens was het die seun omstreeks 13:30 opgemerk waar hy op die padoppervlak by die aansluiting van die Mosselbaaipad gelê het en paramedici ontbied.
Dit het op daardie stadium geblyk dat die seun bewusteloos was. Een van Oudtshoorn se bekende fietsryers het toevallig ook in sy motor verbygery en hy kon 'n foto van die seun aan iemand stuur wat ontwikkelingsfietsryers ken.
Die seun se ma is gekontak en die seun is hospitaal toe geneem. Daar word vermoed dat hy aan epilepsie ly en moontlik 'n aanval gekry het.
'n Paramedikus wat ook toevallig verbygery het, en 'n lid van Oudtshoorn se nooddienste het die seun bygestaan totdat 'n ambulans by die toneel aangekom het.
Kyk 'n video hieronder:
'n Paramedikus wat toevallig verbygery het, en 'n lid van Oudtshoorn se nooddienste het die seun bygestaan.
'n Provinsiale verkeersbeampte wat aan diens was het die seun opgemerk en paramedici ontbied.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'