OUDTSHOORN NUUS - Die jaarlikse jeugkuns- en fotoweek wat deur Hoërskool Oudtshoorn gereël word, open Woensdagaand 8 Augustus om 19:00 in die skoolsaal.
Die week van kuns en foto's word elke jaar saam met die Klein Karoo Klassique aangebied en ook deur hulle ondersteun.
Leerders van al die skole in Oudtshoorn en omliggende dorpe word jaarliks genooi om hulle kunswerke in te skryf.
Kunswerke sluit 'n verskeidenheid mediums in en elke kunswerk word beoordeel om wenners in die verskillende ouderdomsgroepe te bepaal.
Die uitstalling duur vanaf Woensdagaand tot Sondag 12 Augustus en kan elke dag tussen 10:00 en 18:00 besigtig word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'